Gereelde Vrae

Hoelank neem aflewering?
2 tot 7 weke. Ons stuur 'n opvolgings-e-pos sodra jou bestelling op pad is.

Is aflewering gratis?
Ja - gratis aflewering op alle bestellings in Suid-Afrika.

Kan ek my bestelling terugstuur?
Ja. Kontak ons binne 14 dae na ontvangs by huisnessie@gmail.com. Sien ons terugkeerbeleid vir volledige besonderhede.

Is julle produkte veilig vir my baba?
Ja. Al ons silikoon-produkte - die Sagte Baba Bib, die Etenstyd Stel en die Melk Versamelaar - is gemaak van BPA-vrye, voedselveilige silikoon. Die Voorkop Koorsmeter meet sonder om aan baba te raak, en die Neusie Suiger se sagte silikoonpuntjies is spesiaal ontwerp vir klein neusies.

Watter bib-grootte moet ek kies?
Vir die Sagte Baba Bib en die Etenstyd Stel:

  • 13 tot 18 maande: vir babas wat pas begin eet
  • 19 tot 24 maande: vir peuters wat al 'n bietjie groter is

Hoe maak ek die produkte skoon?
Silikoon-produkte (bib, bordjie, eetgerei, melk versamelaar): vee af met 'n nat lappie of was met warm seepwater - silikoon absorbeer nie vlekke nie. Die Melk Versamelaar kan ook afgekook of gesteriliseer word. Die Neusie Suiger se puntjies haal jy af en spoel uit. Die Koorsmeter vee jy net af met 'n droe of effens klam lappie.

Werk die Koorsmeter vir die hele gesin?
Ja - van die kleinste baba tot oupa en ouma. Een koorsmeter vir die hele huis.

Hoe kontak ek julle?
Stuur 'n e-pos na huisnessie@gmail.com. Ons antwoord binne 1 tot 2 werksdae.